
| Title | Sinsoekers |
|---|---|
| Subtitle | Tussen Twyfel en Troos |
| Contributor | Johan Cilliers(author) |
| DOI | https://doi.org/10.36615/9781776482771 |
| Landing page | https://ujonlinepress.uj.ac.za/index.php/ujp/catalog/book/245 |
| License | https://creativecommons.org/licenses/by-nc/4.0 |
| Copyright | Johan Cilliers |
| Publisher | UJ Press |
| Published on | 2023-12-01 |
| ISBN | 978-1-7764827-6-4 (Paperback) |
| 978-1-7764827-7-1 (PDF) | |
| 978-1-7764827-9-5 (XML) | |
| 978-1-7764827-8-8 (EPUB) | |
| Long abstract | Johan Cilliers bied hier ’n teologiese boek aan wat tegelykertyd ook ’n kunswerk is – en wys daarmee dat teologiese diskoerse ’n opwindende kombinasie van skilderye, gedigte, refleksies, verhale, baie humor, Bybelse woorde, preke en meditasies kan wees. Hierdie boek is ’n ‘bricolage’ – ’n skepping uit ’n verskeidenheid van dinge – en demonstreer dat ons lewens ook ’n skone bricolage in God se oë is. In sy estetiese vorm, maar ook inhoud, is hierdie boek geheel en al anders as baie ander wat al oor ‘die sin van die lewe’ geskryf is. Johan Cilliers onderbreek elke selfgefabriseerde produksie van betekenis en stuur sy lesers in die rigting van die gawe van genade. Hy open die horison na God en die genade van die betekenis wat God aan ons as klein, maar kosbare fragmente skenk. Hierdie is ’n boek oor ons ‘eskatologiese eksistensie’ – maar dit klink veels te abstrak. Ek het baie ontdek en geleer deur hierdie boek te lees, het in kontak met die skrywer en sy familie gekom, het bestudeer wat hom fassineer, en baie beter gevoel nadat ek dit klaar gelees het. Dit is waarskynlik die beste wat mens oor ’n teologiese boek kán sê. *Alexander Deeg: Professor in Praktiese Teologie, Leipzig, Duitsland. *
In hierdie diep persoonlike boek maak bekende Cilliers temas — insluitend die skep van sin, prediking, moderne kuns, kleur, Stellenbosse wyne, en die Karoo — op ’n verrassend nuwe wyse hulle verskyning. Hulle word verbind met intens gelukkige en uiters hartseer outobiografiese momente, en word as niks meer as fragmente aangebied nie. Terwyl mens egter die boek lees, begin die fragmente as ’n geheel met mekaar kommunikeer, en skep só al spelende ’n verrassende, eksistensiële teologie. ’n Teologie wat aanhaak by jou eie eksistensie as leser. Neem, lees, en geniet hierdie smaakvolle boek*. Marcel Barnard: Professor in Praktiese Teologie aan die Protestantse Teologiese Universiteit, Amsterdam, en Buitengewone Professor aan die Universiteit Stellenbosch. * |
| Language | English (Original) |
| THEMA |
|
| BISAC |
|
| Keywords |
|
