Voorwoord
- Theo du Plessis(author)
Export Metadata
| Title | Voorwoord |
|---|---|
| Landing page | https://ujonlinepress.uj.ac.za/index.php/ujp/catalog/book/160 |
| Publisher | UJ Press |
| Published on | 2014-06-18 |
| Long abstract | Die bekendstelling in Suid-Afrika van inligting rakende die taalregte van sowel individue as taalgroepe is uiters belangrik. Dusdanige inligting kan bydra tot ʼn bewuswording van taalregte en taalregte-aangeleenthede, ʼn gesindheid wat op sy beurt kan help om ʼn pro-aktiewe taalregte-kultuur in Suid-Afrika te bevorder. So ʼn ingesteldheid is noodsaaklik om gevalle van taaldiskriminasie aan die kaak te stel, te bekamp en uiteindelik te voorkom. Juis met die oog daarop om ʼn bydrae tot die verspreiding van die nodige inligting te lewer, publiseer die Eenheid vir Taalfasilitering en -bemagtiging jaarlikse verslae rakende taalaangeleenthede soos hoofsaaklik in die gedrukte media behandel. Die verslae vir die periode 2002 tot en met 2007 het slegs in Engels verskyn, South African Language Rights Monitor, dog vanaf 2008 word gepoog om die verslae tweetalig in Afrikaans en Engels uit te gee as die Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor / South African Language Rights Monitor. Hierdie 2010 Monitor gee ʼn oorsig van taalaangeleenthede soos hoofsaaklik in die gedrukte media tydens die periode 1 Januarie 2010 tot 31 Desember 2010 behandel. |
| Page range | pp. i-ii |
