Hoofstuk 1: Inleiding
- Johan Lubbe (author)
- Theo du Plessis(author)
Export Metadata
| Title | Hoofstuk 1: Inleiding |
|---|---|
| Landing page | https://ujonlinepress.uj.ac.za/index.php/ujp/catalog/book/160 |
| Publisher | UJ Press |
| Published on | 2014-06-18 |
| Long abstract | In 2010 is die bal uiteindelik aan die rol gesit om ʼn nasionale taalwet daar te stel. Taalwetgewing is nie ʼn nuwe konsep in die Suid-Afrikaanse reg nie. Dit kan terug gedateer word tot 1803 toe kommissaris-generaal De Mist die beginsel van moedertaalonderrig ingevoer het (Malherbe 1925:49-52). Kort daarna het Lord Charles Somerset beslis dat slegs Engels en Latyn in staatskole onderrig word, en Nederlands is op die agtergrond geskuif (Malherbe 1925: 58, 61). In 1910, met Uniewording, toe die taalkwessie een van die neteligste kwessies was, is twee amptelike tale, Afrikaans en Engels, in die Grondwet verskans (artikel 137 van die Unie van Suid-Afrika Wet van 1909). Wet no. 8 van 1925 het Afrikaans per definisie by Nederlands ingesluit. Die verskanste beskerming van Afrikaans en Engels is in die Grondwette van 1961 en 1983 behou (onderskeidelik die Republiek van Suid[1]Afrika Wet no. 32 van 1961 en Wet no. 110 van 1983). |
| Page range | pp. 1-2 |
