Hoofstuk 6: Taalaktivisme soos in die media gedek
- Johan Lubbe (author)
- Theo du Plessis(author)
Export Metadata
| Title | Hoofstuk 6: Taalaktivisme soos in die media gedek |
|---|---|
| Landing page | https://ujonlinepress.uj.ac.za/index.php/ujp/catalog/book/160 |
| Publisher | UJ Press |
| Published on | 2014-06-18 |
| Long abstract | Hoewel in ʼn ander verband, pleit Willem Landman, die uitvoerende direkteur van die Etiek-instituut van Suid-Afrika en buitengewone professor in die filosofie aan die US, vir groter betrokkenheid by die bevordering van die basiese etiese waardes soos respek, eerlikheid, verantwoordelikheid en regverdigheid, en dit as antwoord op al die slegte nuus en neerdrukkende ontledings wat ons daagliks oorweldig, soos geweld, swak dienslewering, onbevoegdheid, korrupsie, pligsversuim, eiebelang en magswellus (Rapport Sake 28.06.10, 24). Voorbeelde van burgerlike betrokkenheid by organisasies is onder meer Corruption Watch (beveg korrupsie), Freedom under Law (bevorder die regstaat), Bondgenootskap teen Stedelike Tol (beveg magsmisbruik en die gebrek aan konsultasie), en Raad vir die bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet, of Casac (waak oor die Grondwet). Landman sluit sy betoog met ʼn pleidooi af: Hoe meer ons almal binne ons besondere vermoë betrokke raak, en hoe groter druk ons kollektief op swak openbare leiers plaas, hoe waarskynliker is dit dat hulle gedwing sal word om etiese waardes in hulle optredes te verreken. Aktivistiese maar vreedsame burgerlike betrokkenheid vergroot die kans dat ons Grondwet nie papierdun sal wees nie, maar inderdaad ʼn skans teen openbare leiers wat etiese waardes aan die hoogste bieër verkwansel. Buiten die stembus is daar geen ander alternatief nie. |
| Page range | pp. 107-109 |
