Skip to main content
Login
Blitsverkopers, beeldvorming en bemarking
UJ Press

Blitsverkopers, beeldvorming en bemarking

  • Joanita Erasmus-Alt(author)
  • H.P. van Coller (author)
  • Export Metadata
  • Metadata
  • Contents
  • Contributors
Export Metadata
Metadata
TitleBlitsverkopers, beeldvorming en bemarking
ContributorJoanita Erasmus-Alt(author)
H.P. van Coller (author)
DOIhttps://doi.org/10.18820/9781928424833
Landing pagehttps://ujonlinepress.uj.ac.za/index.php/ujp/catalog/book/509
Licensehttps://creativecommons.org/licenses/by/4.0
CopyrightJoanita Erasmus-Alt, H.P. van Coller
PublisherUJ Press
Publication placeBloemfontain
Published on2021-01-01
ISBN978-1-928424-83-3 (PDF)
Short abstract

Ten spyte daarvan dat kuns een van die simboliese aspekte van die menslike bestaan is, is dit onlosmaaklik verbonde aan materiële aspekte (kyk Valéry, 1928:s.bl.). Daarom word die waarde van ’n kunsproduk deur sowel simboliese as materiële faktore bepaal (Bourdieu, 1993:37) en bestaan dit nie in isolasie nie, maar vorm dit deel van ’n groter sisteem waarin ook ekonomiese beginsels ’n belangrike rol speel (Van Coller, 2010:491).

Long abstract

Ten spyte daarvan dat kuns een van die simboliese aspekte van die menslike bestaan is, is dit onlosmaaklik verbonde aan materiële aspekte (kyk Valéry, 1928:s.bl.). Daarom word die waarde van ’n kunsproduk deur sowel simboliese as materiële faktore bepaal (Bourdieu, 1993:37) en bestaan dit nie in isolasie nie, maar vorm dit deel van ’n groter sisteem waarin ook ekonomiese beginsels ’n belangrike rol speel (Van Coller, 2010:491). Daarom is die sogenaamde literêre veld ook gestruktureer rondom twee opponerende pole, naamlik die ekonomiese pool (die subveld van grootskaalse produksie) en die artistieke pool (die subveld van beperkte produksie). Waar dit in die eersgenoemde ’n stryd is oor die verkryging van ekonomiese kapitaal – waarin veral die media ’n groot rol

speel (Johnson, 1993:7, 15, 16) – gaan dit in die artistieke pool eerder om

simboliese kapitaal as die kapitaal van legitimasie. Die skrywer se prestige, roem, verering, literêre pryse en vertalings speel hierin ’n belangrike rol

(Bonthuys, 2016:24; Johnson, 1993:7; Van Coller, 2010:486). Die artistieke

pool is die outonome gedeelte1 van die veld, en daarbinne word veral op die literêre veld se doxa (algemeen aanvaarde feite, gekonstrueerde en vasgelegde persepsies) gesteun. Agente in hierdie pool van die veld is ingestel op spesifieke legitimiteit en op dit wat algemeen as ‘hoë’ kuns beskou word (Johnson, 1993:15). Kategorisering van ’n teks as letterkunde is plek- en tydgebonde en geskied op grond van die spesifieke waarde wat op ’n bepaalde moment daaraan toegeken word. Dit is die resultaat van ’n komplekse proses wat deur ’n hele aantal instellings uit die literêre veld gereguleer word, geskied in wisselwerking met die skrywers van tekste en impliseer dat ‘intrinsieke waarde’ kwalifisering nodig het. Sedert die agtiende eeu speel die literêre kritici (en hul literatuuropvattings) ’n dominante rol in hierdie proses van waardetoekenning en ordening (Van Rees & Dorleijn, 1993:4).

Print length419 pages
LanguageAfrikaans (Original)
THEMA
  • KNTP
BISAC
  • LAN027000
Keywords
  • Blitsverkopers
  • beeldvorming
  • bemarking
Contents

Inleiding

(pp. 1–6)
  • Joanita Erasmus-Alt
  • H.P. van Coller

Die skrywer in die literatuurwetenskap

  • Joanita Erasmus-Alt
  • H.P. van Coller

Veld en sisteemteorieë

  • Joanita Erasmus-Alt
  • H.P. van Coller

Beeldvorming

  • Joanita Erasmus-Alt
  • H.P. van Coller

Dalene Matthee: Kringe in 'n bos (1984)

  • Joanita Erasmus-Alt
  • H.P. van Coller

Marita van der Vyver: Griet skryf 'n sprokie (1992)

  • Joanita Erasmus-Alt
  • H.P. van Coller

Francois Smith: Kamphoer (2014)

  • Joanita Erasmus-Alt
  • H.P. van Coller

Bibi Slippers: Fotostaatmasjien (2016)

  • Joanita Erasmus-Alt
  • H.P. van Coller

Vergekyking en samevatting

  • Joanita Erasmus-Alt
  • H.P. van Coller
Contributors

Joanita Erasmus-Alt

(author)
University of the Free State
https://orcid.org/0009-0005-0342-7338

H.P. van Coller

(author)
University of the Free State

UK registered social enterprise and Community Interest Company (CIC).

Company registration 14549556

Metadata

  • By book
  • By publisher
  • GraphQL API
  • Export API

Resources

  • Downloads
  • Videos
  • Merch
  • Presentations
  • Service status

Contact

  • Email
  • Bluesky
  • Mastodon
  • Github

Copyright © 2026 Thoth Open Metadata. Except where otherwise noted, content on this site is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 International license.