Canto 19: Vierde Terras: traagheid; die Engel van Ywer; Vyfde Terras: hebsug; Vergilius, Adrianus V
- J.S. Krüger(author)
Export Metadata
| Title | Canto 19: Vierde Terras: traagheid; die Engel van Ywer; Vyfde Terras: hebsug; Vergilius, Adrianus V |
|---|---|
| Contributor | J.S. Krüger(author) |
| DOI | https://doi.org/10.4102/aosis.2020.BK242.19 |
| Landing page | https://books.aosis.co.za/index.php/ob/catalog/book/242 |
| License | https://creativecommons.org/licenses/by-nc-sa/4.0/ |
| Copyright | J.S. Krüger. Licensee: AOSIS (Pty) Ltd. The moral right of the author has been asserted. |
| Publisher | AOSIS |
| Published on | 2020-12-23 |
| Print length | 11 pages |
| Language | Afrikaans (Original) |
| THEMA |
|
| BIC |
|
| Keywords |
|
| Funding |
Contributors
J.S. Krüger
(author)Na voltooiing van die BA- en BD-grade (1960 en 1963 onderskeidelik) aan die Universiteit van Pretoria het die outeur die Drs Th in Sistematiese Teologie aan die Vrije Universiteit van Amsterdam (1966) en die DD-graad in Sistematiese Teologie aan Unisa (1971) verwerf.
In 1972 het hy diens aanvaar as Senior Lektor in die Departement Sistematiese Teologie en Teologiese Etiek aan Unisa. Geleidelik het ’n duidelike belangstelling in die mistiek en ’n latente belangstelling in vergelykende godsdienswetenskap (lg. het uiting gevind in die intensiewe bestudering van Boeddhisme) hulself laat geld, en in 1979 het hy oorgeskuif na die Departement Sending- en Godsdienswetenskap, waar hy in 1980 as Professor aangestel is, met leeropdrag Godsdienswetenskap. In 1980 het die Department in twee verdeel: Sendingwetskap, en Godsdienswetenskap. Hy was by laasgenoemde betrokke as voorsitter tot sy aftrede in 2005.
In the middel-1970’s het hy Pali ernstig begin bestudeer, en in 1984 die voorreg gehad om ’n tydperk van studieverlof deur te bring aan die Universiteit van Peradeniya in Kandy, Sri Lanka, wat aan die intensiewe bestudering van Pali en Theravāda Boeddhisme gewy is. Bykomend tot sy werk aan Unisa, het hy ook vir ’n tydperk van vyftien jaar Boeddhistiese geskiedenis en filosofie aan die African Buddhist Seminary by die Nan-Hua Tempel op Bronkhorstspruit gedoseer.
Afgesien van ’n aantal artikels waarin hy hom vanaf die vroeë sewentigerjare van politieke apartheid gedistansieer het (dit het saamgeval met ’n toenemende ontnugtering met Christelike teologie soos gewoonlik bedryf – na sy insig as ’n variant van godsdienstige apartheid), het hy in artikels en ’n reeks boekevorm begin gee aan ’n groeiende belangstelling in die mistiek, insluitende pax fidei. Hierdie publikasies gee uiting aan sy belangstelling in die kuns en dissipline van vertaling uit een religie-taal-kultuur in ’n ander. Hulle druk sy verbondenheid tot die werklike verstaan van religieuse manifestasies uit ’n ander kulturele milieu as sy eie omgewing uit, op die basis van eerstehandse kennis van hul normatiewe geskrifte. Elkeen van die publikasies bevat ook teoretiese nadenke oor inter- en multi-religieuse ontmoeting en konvergensie.
