Export Metadata
| Title | Inleiding |
|---|---|
| Contributor | Theodorus du Plessis(author) |
| License | https://creativecommons.org/licenses/by/4.0 |
| Copyright | Theodorus du Plessis |
| Publisher | UJ Press |
| Publication place | Johannesburg |
| Published on | 2025-12-31 |
| Short abstract | Op Woensdag 19 Julie 2023 het die Suid-Afrikaanse President tydens ’n openbare seremonie Suid-Afrika se agtiende grondwetwysiging bekragtig deur sy ondertekening van die Grondwet Agtiende Wysigingswet, 2023 (RSA 2023 – hierna Grondwetwysigingswet). Ingevolge hierdie wysiging erken die land se grondwet voortaan Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT)1as een van 12 amptelike tale. Hiermee word Suid-Afrika die eerste land ter wêreld wat sy ‘nasionale gebaretaal’ (Branson & Miller 1997; Reagan 2016) grondwetlik as amptelike taal erken, en slegs die sesde wat ampteliketaalstatus aan sy gebaretaal verleen. |
| Long abstract | Op Woensdag 19 Julie 2023 het die Suid-Afrikaanse President tydens ’n openbare seremonie Suid-Afrika se agtiende grondwetwysiging bekragtig deur sy ondertekening van die Grondwet Agtiende Wysigingswet, 2023 (RSA 2023 – hierna Grondwetwysigingswet). Ingevolge hierdie wysiging erken die land se grondwet voortaan Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT)1as een van 12 amptelike tale. Hiermee word Suid-Afrika die eerste land ter wêreld wat sy ‘nasionale gebaretaal’ (Branson & Miller 1997; Reagan 2016) grondwetlik as amptelike taal erken, en slegs die sesde wat ampteliketaalstatus aan sy gebaretaal verleen. Ander lande wat hulle nasionale gebaretale veramptelik het, is Nieu-Seeland (vanaf 2006), Pole (vanaf 2012), Papoea-Nieu-Guinee en Suid-Korea (beide vanaf 2015) en Malta (vanaf 2016) (Du Plessis 2023). Nie een van die handjievol lande het ampteliketaalstatus deur middel van hul land se grondwet verleen nie. |
| Page range | pp. 13–32 |
| Print length | 20 pages |
| Language | Afrikaans (Original) |
| THEMA |
|
| BISAC |
|
