Export Metadata
| Title | Taalbeleid en -beplanning vir, en regserkenning van gebaretale |
|---|---|
| Contributor | Theodorus du Plessis(author) |
| License | https://creativecommons.org/licenses/by/4.0 |
| Copyright | Theodorus du Plessis |
| Publisher | UJ Press |
| Publication place | Johannesburg |
| Published on | 2025-12-31 |
| Short abstract | Soos ter inleiding genoem, is TBP vir gebaretale ’n relatief nuwe studieveld wat eintlik eers sedert die negentigerjare van die 20ste eeu op dreef gekom het (De Meulder 2015:498; De Meulder, Murray & McKee 2019b:1). Reagan (2016:271-72) verbind byvoorbeeld die groeiende strewe na die regserkenning van gebaretale oor die laaste sowat 30 jaar direk aan taalbeplanningsaktiwiteite. Ook Quer en De Quadros (2012) benadruk in hulle voorwoord tot ’n spesiale joernaaluitgawe oor taalbeplanning vir gebaretale so ’n verband. Trouens, hulle beweer dat die hele strewe na erkenning in werklikheid taalbeplanning vir gebaretale op beleidmakers se agenda geplaas het. |
| Long abstract | Soos ter inleiding genoem, is TBP vir gebaretale ’n relatief nuwe studieveld wat eintlik eers sedert die negentigerjare van die 20ste eeu op dreef gekom het (De Meulder 2015:498; De Meulder, Murray & McKee 2019b:1). Reagan (2016:271-72) verbind byvoorbeeld die groeiende strewe na die regserkenning van gebaretale oor die laaste sowat 30 jaar direk aan taalbeplanningsaktiwiteite. Ook Quer en De Quadros (2012) benadruk in hulle voorwoord tot ’n spesiale joernaaluitgawe oor taalbeplanning vir gebaretale so ’n verband. Trouens, hulle beweer dat die hele strewe na erkenning in werklikheid taalbeplanning vir gebaretale op beleidmakers se agenda geplaas het. Sodanige erkenning het progressief ontwikkel, meestal vanaf ’n erkenning van gebaretaal in die onderwys tot ’n erkenning van gebaretaal as volwaardige taal, tot die erkenning daarvan as minderheidstaal, tot die erkenning van die gebruik daarvan binne bepaalde amptelike funksies, tot uiteindelik die volwaardige erkenning daarvan as ’n amptelike taal. |
| Page range | pp. 75–103 |
| Print length | 29 pages |
| Language | Afrikaans (Original) |
| Media | 3 illustrations |
| 7 tables | |
| THEMA |
|
| BISAC |
|
