ʼn Omstrede taalnavorser tree na vore
- Johan C Moll (author)
Export Metadata
| Title | ʼn Omstrede taalnavorser tree na vore |
|---|---|
| Contributor | Johan C Moll (author) |
| Landing page | https://ujonlinepress.uj.ac.za/index.php/ujp/catalog/book/329 |
| License | https://creativecommons.org/licenses/by/4.0 |
| Copyright | Johan C Moll |
| Publisher | UJ Press |
| Publication place | Johannesburg |
| Published on | 2025-12-31 |
| Short abstract | Terwyl daar taalbeoefenaars en akademici was wat die nuwe demokratiese taalbedeling met argwaan begroet het, was daar ook diegene soos Du Plessis wat juis die enorme geleenthede en uitdagings wat daardeur gebied is, ingesien, en met geesdrif en kreatiewe idees benader het. Die deurbraak vir sy positiewe ingesteldheid strek sover terug as 1986 toe hy tot ʼn nuwe taalbenadering gekom het deur die navorsing vir sy MA-verhandeling (wat later ook gepubliseer sou word) onder die sprekende titel Afrikaans in beweging. |
| Long abstract | Terwyl daar taalbeoefenaars en akademici was wat die nuwe demokratiese taalbedeling met argwaan begroet het, was daar ook diegene soos Du Plessis wat juis die enorme geleenthede en uitdagings wat daardeur gebied is, ingesien, en met geesdrif en kreatiewe idees benader het. Die deurbraak vir sy positiewe ingesteldheid strek sover terug as 1986 toe hy tot ʼn nuwe taalbenadering gekom het deur die navorsing vir sy MA-verhandeling (wat later ook gepubliseer sou word) onder die sprekende titel Afrikaans in beweging. Onder aansporing van ʼn onbevange studieleier, prof. Christo van Rensburg, wat oorspronklike denke en onverskrokke maar gefundeerde standpuntinname by studente aangemoedig het, maar grootliks deur Du Plessis se eie deeglike navorsing en oorspronklike interpretasie van historiese materiaal, is ʼn nuwe siening oor Afrikaans se ontstaan en ontwikkeling na vore gebring. Sy vars en opsienbarende navorsingsbevinding oor die sogenaamde taalbewegings as die resultaat van nasionalistiese en godsdienstige aktivisme, was totaal nuut en verrassend en het met die publikasie daarvan roeringe in taalgeledere veroorsaak en landswyd die aandag op hom gevestig. Saam met die talentvolle taalkundige, prof. Hans du Plessis, het hy ten opsigte van die taalpolitiek van Afrikaans die klem vanaf ʼn parogiale tot ʼn progressiewe benadering verskuif. Sy steeds ontwikkelende nuwe insigte oor die taalpolitiek was veral van betekenis om aan hom besondere insigte oor die nuwe taalsituasie binne ʼn totaal nuwe politieke landsbedeling te gee. Die teenstand wat hy oor sy bevindings moes verduur, sou by hom ʼn vreesloosheid ontwikkel. Hoe sterker die kritiek en weerstand geword het, des te sterker het sy vasbeslotenheid geword om sy siening te verdedig en nie bedreig te voel om van gebaande weë af te wyk indien deeglike navorsing ʼn ander verhaal vertel en taalkwessies anders uitwys nie. Later en onder sy eie stimulerende leiding sou studente begin aandag gee aan die verwaarloosde en miskende rol van Afrikaans in die geskiedenis van die Kaapse Moslem-samelewing en laasgenoemde se belangrike bydrae tot die ontwikkeling van Afrikaans (Kriel, Loth, Webb, 2015. Language Matters: 319-324). |
| Page range | pp. 17–55 |
| Print length | 39 pages |
| Language | Afrikaans (Original) |
| THEMA |
|
| BISAC |
|
