Die Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor: vir Pansat ’n tydelike reddingsboei
- Johan C Moll (author)
Export Metadata
| Title | Die Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor |
|---|---|
| Subtitle | vir Pansat ’n tydelike reddingsboei |
| Contributor | Johan C Moll (author) |
| Landing page | https://ujonlinepress.uj.ac.za/index.php/ujp/catalog/book/329 |
| License | https://creativecommons.org/licenses/by/4.0 |
| Copyright | Johan C Moll |
| Publisher | UJ Press |
| Publication place | Johannesburg |
| Published on | 2025-12-31 |
| Short abstract | Die ETB was veral na buite bedrywig en sou in werklikheid vir ʼn bykans tandlose en oneffektiewe Pansat vir nege jaar (2002-2010) een van die sigbaarste en bykans enigste openbare stemme en aksies daarvan word. As nasionale statutêre instansie het Pansat stadig uit die blokke gekom en was veronderstel om staatsdepartemente en owerheidsinstansies rakende taalvoorskrifte voortvloeiend vanuit die nuwe Suid-Afrikaanse Grondwet te adviseer. Weens “groeipyne” kon hierdie instansie teen Augustus 1999 nog nie sover kom om enigiets noemenswaardig te bereik nie. |
| Long abstract | Die ETB was veral na buite bedrywig en sou in werklikheid vir ʼn bykans tandlose en oneffektiewe Pansat vir nege jaar (2002-2010) een van die sigbaarste en bykans enigste openbare stemme en aksies daarvan word. As nasionale statutêre instansie het Pansat stadig uit die blokke gekom en was veronderstel om staatsdepartemente en owerheidsinstansies rakende taalvoorskrifte voortvloeiend vanuit die nuwe Suid-Afrikaanse Grondwet te adviseer. Weens “groeipyne” kon hierdie instansie teen Augustus 1999 nog nie sover kom om enigiets noemenswaardig te bereik nie. ʼn Dokument met Pansat se standpunt oor meertaligheid was reeds opgestel maar het nog nie vaste norme en standaarde omtrent taalbeleid uitgespel nie (Volksblad 30 Augustus 1999: 9). In werklikheid was die funksionering van Pansat so swak en die uitkomste daarvan so gering dat die Eenheid se Taalregtemonitor een van Pansat se grootste bydraes vir die tydperk 2002 tot 2010 sou word. Daar is wel van tyd tot tyd waardering betuig jeens die Eenheid se bydrae, veral met betrekking tot die bevordering van meertaligheid en ontwikkeling van al die amptelike tale (Singh S. 9 September 2005). In werklikheid sou Pansat se ligpunt die verbintenis met die Eenheid word. |
| Page range | pp. 201–221 |
| Print length | 21 pages |
| Language | Afrikaans (Original) |
| THEMA |
|
| BISAC |
|
