Skip to main content
Login
  1. Home
  2. Dante se mistieke reis – Derde tog
  3. *Canto* XVI: Hemel van Mars; Dante, Beatrice; Cacciaguida; ydelheid van aardse roem; families van ou Florence; skommelings van fortuin
AOSIS

Canto XVI: Hemel van Mars; Dante, Beatrice; Cacciaguida; ydelheid van aardse roem; families van ou Florence; skommelings van fortuin

  • J.S. Krüger(author)
Chapter of: Dante se mistieke reis – Derde tog: Paradiso, ingelei, vertaal, toegelig, vertolk
  • Export Metadata
  • Metadata
  • Contributors

Export Metadata

Metadata
TitleCanto XVI: Hemel van Mars; Dante, Beatrice; Cacciaguida; ydelheid van aardse roem; families van ou Florence; skommelings van fortuin
ContributorJ.S. Krüger(author)
DOIhttps://doi.org/10.4102/aosis.2025.BK449.17
Landing pagehttps://books.aosis.co.za/index.php/ob/catalog/book/449
Licensehttps://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/
CopyrightJS Krüger. Licensee: AOSIS (Pty) Ltd. The moral rights of the author have been asserted.
PublisherAOSIS
Published on2025-09-01
Print length9 pages
LanguageAfrikaans (Original)
THEMA
  • DB
  • DBS
  • DSM
  • DSBB
  • QRVG
  • QRS
  • QRAB
  • QRAC
  • QRVK2
BIC
  • DSBB
  • HRLB
  • HRKP
  • HRAB
  • HRAC
  • HRLK2
Funding
  • University of Pretoria
Contributors

J.S. Krüger

(author)
University of Pretoria
https://orcid.org/0000-0002-9659-7862

Na voltooiing van die BA- en BD-grade (1960 en 1963 onderskeidelik) aan die Universiteit van Pretoria het die outeur die Drs Th in Sistematiese Teologie aan die Vrije Universiteit van Amsterdam (1966) en die DD-graad in Sistematiese Teologie aan Unisa (1971) verwerf. In 1972 het hy diensaanvaar as Senior Lektor in die Departement Sistematiese Teologie en Teologiese Etiek aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa).

Geleidelik het ’n duidelike belangstelling in die mistiek en ’n latente belangstelling in vergelykende godsdienswetenskap (lg. het uiting gevind indie intensiewe bestudering van Boeddhisme) hulleself laat geld, en in 1979 het hy oorgeskuif na die Departement Sending- en Godsdienswetenskap, waar hy in 1980 as Professor aangestel is met leeropdrag Godsdienswetenskap. In 1980 het die Department in twee verdeel: Sendingwetenskap en Godsdienswetenskap. Hy was by laasgenoemde betrokke as voorsitter tot sy aftrede in 2005.

In die middel-sewentigerjare van die vorige eeu het hy Pāli ernstig beginbestudeer, en in 1984 die voorreg gehad om, tydens ’n periode van langstudieverlof, Pāli en Theravāda Boeddhisme intensief aan die Universiteit van Peradeniya in Kandy, Sri Lanka, te bestudeer. Bykomend tot sy werkaan Unisa, het hy ook vir ’n tydperk van 15 jaar Boeddhistiese geskiedenis en filosofie aan die African Buddhist Seminary by die Nan-Hua Tempel op Bronkhorstspruit, Suid-Afrika, gedoseer.

Afgesien van ’n aantal artikels waarin hy hom vanaf die vroeë sewentigerjare van die vorige eeu van politieke apartheid gedistansieer het (dit het saamgeval met ’n toenemende ontnugtering met Christelike teologie soos gewoonlik bedryf – na sy insig as ’n variant van godsdienstige apartheid), het hy in artikels en ’n reeks boeke uitdrukking gegee aan ’n groeiende belangstelling in die mistiek, gegrond op ’n religieuse kosmosofie en met die implikasie van ’n versoenende* pax fidei*. Hierdie publikasies gee uiting aan sy belangstelling in die kuns en dissipline van vertaling uit een religie-taalkultuur in ’n ander. Dit gee uitdrukking aan sy verbondenheid tot die werklike verstaan van religieuse manifestasies uit ’n ander kulturele milieu as sy eie omgewing op die basis van eerstehandse kennis van hulle normatiewegeskrifte. Elkeen van die publikasies bevat ook teoretiese nadenke oor inter- en multi-religieuse ontmoeting en moontlike konvergensie en versoening.

Export Metadata

UK registered social enterprise and Community Interest Company (CIC).

Company registration 14549556

Metadata

  • By book
  • By publisher
  • GraphQL API
  • Export API

Resources

  • Downloads
  • Videos
  • Merch
  • Presentations
  • Service status

Contact

  • Email
  • Bluesky
  • Mastodon
  • Github

Copyright © 2026 Thoth Open Metadata. Except where otherwise noted, content on this site is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 International license.