Skip to main content
Login
Dante se mistieke reis – Derde tog: Paradiso, ingelei, vertaal, toegelig, vertolk - cover image
AOSIS

Dante se mistieke reis – Derde tog: Paradiso, ingelei, vertaal, toegelig, vertolk

  • J.S. Krüger(author)
  • Export Metadata
  • Metadata
  • Contents
  • Locations
  • Contributors
Export Metadata
Metadata
TitleDante se mistieke reis – Derde tog
SubtitleParadiso, ingelei, vertaal, toegelig, vertolk
ContributorJ.S. Krüger(author)
DOIhttps://doi.org/10.4102/aosis.2025.BK449
Landing pagehttps://books.aosis.co.za/index.php/ob/catalog/book/449
Licensehttps://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/
CopyrightJS Krüger. Licensee: AOSIS (Pty) Ltd. The moral rights of the author have been asserted.
PublisherAOSIS
Published on2025-09-01
Series
  • HTS Religion & Society Series vol. 18
  • ISSN Print: 2617-5819
  • ISSN Digital:
ISBN978-1-77995-332-2 (Paperback)
978-1-77995-377-3 (Hardback)
978-1-77995-334-6 (PDF)
978-1-77995-333-9 (EPUB)
Long abstract

In hierdie werk bied J.S. Krüger aan die leser ’n keurige Afrikaans vertaling en mistiekreligieuse vertolking van die Paradiso van die Italiaanse digter-denker Dante Alighieri (1265–1321). Dit is die derde deel van die grootste trilogie, Divina Commedia, bestaande uit Inferno (2013) en Purgatorio (2020), en hierdie publikasie sluit met die vertaling-vertolking van die Paradiso af. Die Paradiso is stellig een van die merkwaardigste religieuse en artistieke hoogtepunte van die Westerse beskawing, verskynend op die kruin van die Middeleeuse epog, daardie sublieme sintese van Christelike geloof en Griekse filosofie, tans opgeneem in ’n skynbaar onomkeerbare proses van disintegrasie.

’n Sentrale uitgangspunt van die boek, afwykend van die heersende sekularisme en materialisme in die post-moderne Weste, is dat religie ’n sentrale neiging en behoefte van die menslike spesie is. Die skrywer sien mistiek as verbinding van diepsinnige kognitiewe insig, emosionele suiwerheid en morele skoonheid, as die hoogste vlak van menslike ontwikkeling.

Dante se trilogie word gelees as die aanbod van ’n God-aanskouende kenner van die menslike lot van leef en sterf en hiernamaals voortleef, as inderdaad die uitdruk van Dante se eie lewensloop sy eksistensiële lyding, loutering en finale katarsis: sy besef van persoonlike tekortkominge en lyding in moeilike omstandighede (Inferno) in sy jeug; geleidelik oorkom in ’n lang proses van ballingskap in sy eie vaderland (Purgatorio); uiteindelik gefinaliseer in ’n deurbraak tot innerlike vrede in God-aanskouende saligheid kort voor sy dood (Paradiso).

Hierdie publikasie word aanbeveel vir navorsende en benieude lesers met ’n besef van religieuse krisis en die behoefte aan ’n integrerende visie: skynbaar onoorkomelike historiese diskontinuïteite en skynbaar onversoenbare hedendaagse breuke en konflikte.

J.S. Krüger het oor die afgelope vyf dekades publikasies aangebied wat voldoen aan die hoogste internasionale standaarde vir oorspronklike navorsing, dinamiese vertalings en verantwoordelike tekstoeligting in godsdiensfilosofiese en kultuurhistoriese navorsingskontekste. Sy behendige hantering van die brontekste (in veral Latyn, Grieks, Hebreeus, Duits, Nederlands, Italiaans en verskeie Oosterse tale) het ’n wesenlike bydrae gelewer tot die ontwikkeling van die Middeleeuse vakregister in Afrikaans. Sy nuutste werk voorsien ’n inleiding, vertaling, toeligting en nabetragting oor die derde deel van die Middeleeuse digter-filosoof Dante Alighieri (c.1265–1321) se mistieke reis (Paradiso), in opvolging van ooreenkomstige ontledings van die eerste en tweede dele van die reis, Inferno (2013) en Purgatorio (2020).

Krüger bevestig in sy ontleding van Paradiso ’n delikate onderskeidingsvermoë tussen die wesenlike en die sydelingse, ’n magistrale vermoë om groot idee-historiesedenkkompleksein enkele teoretiese kontekste byeen te bring, ’n uitgebreidegeesteswetenskaplike en teologiese belesenheid, en ’n beleë omgaan met Middeleeuse mistieke literatuur. Bydraend en verruimend tot die internasionale navorsing word die mees onlangse spesialisbydraes vanuit die Dante-navorsing eg-skolasties in ’n magdom eindnotas toegelig. Dit sal die navorsende en belangstellende leser vreugde verskaf om te aanskou met juis hoevéél bedrewenheid en hermeneutiese soepelheid hierdie skrywer ’n gelade en subtiele teks, met soms subversiewe ondertone, vanuit ’n historiese filosofiekonstellasie vertaal en kommentarieer. Krüger skryf boeiend en toeganklik, ook vir ’n wyer Afrikaansmagtige leserspubliek: hierdie vertaling en toeligting van Dante se Paradiso is ’n onmisbare werk vir elkeen wat belangstel in die antieke en Middeleeuse kultuur-, filosofie- en literatuurgeskiedenis.

Prof. Johann Beukes, Departement Filosofie en Klassieke Tale, Fakulteit Geesteswetenskappe, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika

Print length364 pages (nulla+364+nulla)
LanguageAfrikaans (Original)
Greek, Ancient (to 1453) (Original)
Italian (Original)
Latin (Original)
Dimensions170 x 244 mm | 6.692913385826772" x 9.606299212598426" (Paperback)
170 x 244 mm | 6.692913385826772" x 9.606299212598426" (Hardback)
THEMA
  • DB
  • DBS
  • DSM
  • DSBB
  • QRVG
  • QRS
  • QRAB
  • QRAC
  • QRVK2
BIC
  • DSBB
  • HRLB
  • HRKP
  • HRAB
  • HRAC
  • HRLK2
Funding
  • University of Pretoria
Contents

Voorwoord

  • J.S. Krüger

Inleiding

  • J.S. Krüger

Hermeneutiese gesigspunte

  • J.S. Krüger

Canto I: Aardse Paradys; laag van vuur; Dante, Beatrice; twee twyfels

  • J.S. Krüger

Canto II: Sfeer van die Maan; Dante, Beatrice; misverstande opgeruim

  • J.S. Krüger

Canto III: Sfeer van die Maan; Dante, Beatrice, Piccarda Donati, keiserin Costanza; verbreking van kloostergeloftes; grade van geluksaligheid

  • J.S. Krüger

Canto IV: Sfeer van die Maan; Dante, Beatrice; gradasies van Hemelse geluk; absolute en relatiewe wil

  • J.S. Krüger

Canto V: Hemel van die Maan; Hemel van Mercurius; Dante, Beatrice; die geluksaliges in die Hemel van Mercurius; Keiser Justinianus; die betekenis van geloftes; opgang van Dante na Mercurius: **

  • J.S. Krüger

Canto VI: Hemel van Mercurius; Justinianus; grootheid van die Romeinse Ryk; bewoners van Mercurius; Guelfe en Ghibellyne; Romieu de Villeneuve

  • J.S. Krüger

Canto VII: Hemel van Mercurius; Dante, Beatrice; die offer van Christus; die inkarnasie, verganklikheid en opstanding

  • J.S. Krüger

Canto VIII: Hemel van Venus; Dante, Beatrice, Karel Martel; opstyg na Venus; voorsienigheid en die invloed van sterre

  • J.S. Krüger

Canto IX: Hemel van Venus; Dante, Beatrice, Karel Martel; Cunizza da Romano, Folco van Marseilles; Ragab

  • J.S. Krüger

Canto X: Hemel van die Son; Dante, Beatrice; Thomas Aquinas; ’n kring van twaalf diep denkers

  • J.S. Krüger

Canto XI: Hemel van die Son; Dante, Beatrice; Thomas Aquinas; Franciscus van Assisi

  • J.S. Krüger

Canto XII: Hemel van die Son; Dante, Beatrice; Bonaventura, Dominicus

  • J.S. Krüger

Canto XIII: Hemel van die Son; Dante, Beatrice; Thomas Aquinas

  • J.S. Krüger

Canto XIV: Hemel van die Son; Hemel van Mars; Dante, Beatrice; Salomo; heiliges in die Hemel van Mars

  • J.S. Krüger

Canto XV: Hemel van Mars; Dante, Beatrice; Cacciaguida; edel afkoms van Dante; deugsaamheid van ’n vroeër Florence

  • J.S. Krüger

Canto XVI: Hemel van Mars; Dante, Beatrice; Cacciaguida; ydelheid van aardse roem; families van ou Florence; skommelings van fortuin

  • J.S. Krüger

Canto XVII: Hemel van Mars; Dante, Beatrice; Cacciaguida; die toekoms van Dante

  • J.S. Krüger

Canto XVIII: Hemel van Mars; Hemel van Jupiter; Dante, Beatrice; Cacciaguida; heiliges in albei Hemele

  • J.S. Krüger

Canto XIX: Hemel van Jupiter; Dante, Beatrice, die arend van geregtigheid

  • J.S. Krüger

Canto XX: Hemel van Jupiter; Dante; die Arend van geregtigheid; lied van die geseëndes; twyfel van Dante; die geheimenis van Goddelike verkiesing

  • J.S. Krüger

Canto XXI: Hemel van Saturnus; Dante, Beatrice; Pietro Damiano

  • J.S. Krüger

Canto XXII: Hemel van Saturnus; Hemel van die Vaste Sterre; Dante, Beatrice, Benedictus; verval van die Benediktynse Orde

  • J.S. Krüger

Canto XXIII: Hemel van die Vaste Sterre; Dante, Beatrice, Maria, Christus; die engel Gabriël, Petrus; die Triomfantelike Kerk

  • J.S. Krüger

Canto XXIV: Hemel van die Vaste Sterre; Dante, Beatrice; Petrus, die geluksaliges; die waarheid van die geloof

  • J.S. Krüger

Canto XXV: Agtste Hemel: Hemel van die Vaste Sterre; Dante, Beatrice; Petrus, Jakobus, Johannes

  • J.S. Krüger

Canto XXVI: Agtste Hemel: Hemel van die Vaste Sterre; Dante, Beatrice; Johannes, Adam, die gesaligdes

  • J.S. Krüger

Canto XXVII: Primum Mobile; Dante, Beatrice; Petrus, al die saliges

  • J.S. Krüger

Canto XXVIII: Primum Mobile; Dante, Beatrice; die engel-intelligensies

  • J.S. Krüger

Canto XXIX: Primum Mobile; Dante, Beatrice; die engele-intelligensies; lesing oor die engele

  • J.S. Krüger

Canto XXX: Primum Mobile, Empyreum; Dante, Beatrice; die engele, die gesaligdes

  • J.S. Krüger

Canto XXXI: Empyreum; Dante, Bernardus, Beatrice; engele, saliges, Maria; ontmoetings in die Roos

  • J.S. Krüger

Canto XXXII: Empyreum; Maria, Gabriël, Dante, Bernardus; die orde van setels; kinders in die Paradys; verheerliking van Maria

  • J.S. Krüger

Canto XXXIII:* Empyreum*; die drie Persone van die Triniteit; Maria, Bernardus, Dante; die aanskouing van God

  • J.S. Krüger

Nawoord

  • J.S. Krüger
Locations
Landing PageFull text URLPlatform
PDFhttps://books.aosis.co.za/index.php/ob/catalog/book/449Landing pagehttps://books.aosis.co.za/index.php/ob/catalog/book/449Full text URLPublisher Website
Contributors

J.S. Krüger

(author)
University of Pretoria
https://orcid.org/0000-0002-9659-7862

Na voltooiing van die BA- en BD-grade (1960 en 1963 onderskeidelik) aan die Universiteit van Pretoria het die outeur die Drs Th in Sistematiese Teologie aan die Vrije Universiteit van Amsterdam (1966) en die DD-graad in Sistematiese Teologie aan Unisa (1971) verwerf. In 1972 het hy diens aanvaar as Senior Lektor in die Departement Sistematiese Teologie en Teologiese Etiek aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa).

Geleidelik het ’n duidelike belangstelling in die mistiek en ’n latente belangstelling in vergelykende godsdienswetenskap (lg. het uiting gevind in die intensiewe bestudering van Boeddhisme) hulleself laat geld, en in 1979 het hy oorgeskuif na die Departement Sending- en Godsdienswetenskap, waar hy in 1980 as Professor aangestel is met leeropdrag Godsdienswetenskap. In 1980 het die Department in twee verdeel: Sendingwetenskap en Godsdienswetenskap. Hy was by laasgenoemde betrokke as voorsitter tot sy aftrede in 2005.

In die middel-sewentigerjare van die vorige eeu het hy Pāli ernstig begin bestudeer, en in 1984 die voorreg gehad om, tydens ’n periode van lang studieverlof, Pāli en Theravāda Boeddhisme intensief aan die Universiteit van Peradeniya in Kandy, Sri Lanka, te bestudeer. Bykomend tot sy werk aan Unisa, het hy ook vir ’n tydperk van 15 jaar Boeddhistiese geskiedenis en filosofie aan die African Buddhist Seminary by die Nan-Hua Tempel op Bronkhorstspruit, Suid-Afrika, gedoseer.

Afgesien van ’n aantal artikels waarin hy hom vanaf die vroeë sewentigerjare van die vorige eeu van politieke apartheid gedistansieer het (dit het saamgeval met ’n toenemende ontnugtering met Christelike teologie soos gewoonlik bedryf – na sy insig as ’n variant van godsdienstige apartheid), het hy in artikels en ’n reeks boeke uitdrukking gegee aan ’n groeiende belangstelling in die mistiek, gegrond op ’n religieuse kosmosofie en met die implikasie van ’n versoenende* pax fidei*. Hierdie publikasies gee uiting aan sy belangstelling in die kuns en dissipline van vertaling uit een religie-taalkultuur in ’n ander. Dit gee uitdrukking aan sy verbondenheid tot die werklike verstaan van religieuse manifestasies uit ’n ander kulturele milieu as sy eie omgewing op die basis van eerstehandse kennis van hulle normatiewe geskrifte. Elkeen van die publikasies bevat ook teoretiese nadenke oor inter- en multi-religieuse ontmoeting en moontlike konvergensie en versoening.

UK registered social enterprise and Community Interest Company (CIC).

Company registration 14549556

Metadata

  • By book
  • By publisher
  • GraphQL API
  • Export API

Resources

  • Downloads
  • Videos
  • Merch
  • Presentations
  • Service status

Contact

  • Email
  • Bluesky
  • Mastodon
  • Github

Copyright © 2026 Thoth Open Metadata. Except where otherwise noted, content on this site is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 International license.