Nadenke oor 500 jaar se Reformatoriese teologie
- Ignatius W.C. (Natie) van Wyk(editor)
- Jaco Beyers(author)
- Piet B. Boshoff (author)
- Annelie Botha(author)
- Wim A. Dreyer(author)
- Gabriël M.J. (Gafie) van Wyk (author)
- Tanya van Wyk(author)
| Title | Nadenke oor 500 jaar se Reformatoriese teologie |
|---|---|
| Contributor | Ignatius W.C. (Natie) van Wyk(editor) |
| DOI | https://doi.org/10.4102/aosis.2017.hts11 |
| Landing page | http://books.aosis.co.za/index.php/ob/catalog/book/43 |
| License | https://creativecommons.org/licenses/by-nc-sa/4.0/ |
| Copyright | Ignatius W.C. (Natie) van Wyk 2017. Licensee: AOSIS (Pty) Ltd. The moral rights of the authors have been asserted. |
| Publisher | AOSIS |
| Publication place | Durbanville, Cape Town, South Africa |
| Published on | 2017-11-28 |
| Series |
|
| ISBN | 978-1-928396-32-1 (PDF) |
| 978-1-928396-33-8 (EPUB) | |
| Long abstract | In this book, classical texts of the reformers, such as Luther and Calvin, are researched, analysed (within their original historic setting), hermeneutically actualised for present-day church matters and made accessible to the Afrikaans readership. It explores the valuable contributions of Reformation theology (coming from the recent past) and its helpful implications in bringing depth to our contextual debates within South Africa. |
| Print length | 255 pages |
| Language | Afrikaans (Original) |
| THEMA |
|
| BIC |
|
| Keywords |
|
Contents
- Ignatius W.C. (Natie) van Wyk
- Ignatius W.C. (Natie) van Wyk
- Ignatius W.C. (Natie) van Wyk
- Wim A. Dreyer
- Wim A. Dreyer
- Piet B. Boshoff
- Tanya van Wyk
- Annelie Botha
- Gabriël M.J. (Gafie) van Wyk
- Gabriël M.J. (Gafie) van Wyk
- Jaco Beyers
| Landing Page | Full text URL | Platform | |||
|---|---|---|---|---|---|
| http://books.aosis.co.za/index.php/ob/catalog/book/43(opens in new tab) | Landing page(opens in new tab) | http://books.aosis.co.za/index.php/ob/catalog/book/43(opens in new tab) | Full text URL(opens in new tab) | Publisher Website |
Contributors
Ignatius W.C. (Natie) van Wyk
(editor)Natie van Wyk (1953) is tans Koördineerder: Ekumeniese Sake van die Nederduitsch Hervormde Kerk. Hy was predikant van die gemeentes Edenvale en Bloemfontein en is tans op deeltydse basis in die Gemeente Oos-Moot in Pretoria behulpsaam. Hy het tussen 1981 en 1984 onder Gerhard Sauter in Bonn, Duitsland, studeer. In hierdie tydneem hy ook deel aan die senior seminare van Bertold Klappert (Wuppertal) en Eberhard Jüngel (Tübingen). Sedert 1988 was hy dosent in verskeie vakgebiede (hoofsaaklik Sistematiese Teologie en Historiese Teologie). Hy was Hoof van die Hervormde Teologiese Opleiding en Direkteur van die Afrika Instituut vir Missiologie. Hy is die redakteur van die Tydskrif vir Hervormde Teologie en afdeling redakteur van die HTS Teologiese Studies. Hy is getroud met Prof. Neltjie van Wyk (Verpleegkunde, UP). Hulle het twee seuns. Epos: hto@mweb.co.za
Jaco Beyers
(author)Jaco Beyers (1971) is in Kemptonpark gebore. Na voltooiing van sy skoolopleiding studeer hy teologie aan die Universiteit van Pretoria. Hy dien ná voltooiing van sy voorgraadse studies as predikant in verskeie gemeentes van die Hervormde Kerk. Tervoorbereiding vir sy doktorale proefskrif besoek hy universiteite in Bayreuth, Marburgen Heidelberg in Duitsland. In 2011 word hy aangestel as senior lektor in die Departement Godsdiens- en Sendingwetenskap aan die Universiteit van Pretoria. Hy word in 2015 tot medeprofessor bevorder. Sedert 2012 is hy die program bestuurder vir die program in Bybel- en Godsdiensstudie. Sy navorsingsvelde sluit in wêreldgodsdienste, sekularisasie en teologie van godsdienste. Epos: jaco.beyers@up.ac.za
Piet B. Boshoff
(author)Piet Boshoff (1949) behaal die grade MA en DD en is op 15 Februarie 1975 georden. Hyis tydens sy loopbaan na die volgende gemeentes beroep: Swellendam (1975), Swellendam kombinasie (1976), Bulawayo-kombinasie (1981), Vereeniging (1983), emeritaat (2014). Hy studeer aan die volgende universiteite: Universiteit van Pretoria, UNISA, Kirchliche Hochschule Berlyn en Evangelisch-Theologische Fakultät der Rheinischen Friedrich-Wilhelms-Universität, Bonn. Hy is tans navorsingsgenoot by die Hervormde Teologiese Kollege aan die Universiteit van Pretoria. Epos: pietbboshoff@gmail.com. Sy vernaamste publikasies sluit die volgende in:
-
1988 – Nederduitsch Hervormde Kerk: Gemeente Vereeniging 75ste Herdenking
-
2001 – History and theology: Walter Schmithals on the unity of the New Testament
-
2008 – Esopus se fabels: Die volledige versameling. Uit Grieks in Afrikaans vertaal deur Piet Boshoff en Gafie van Wyk
-
2013 – Gemeente Vereeniging 1913–2013
-
2015 – Plato: Verdediging van Sokrates uit Grieks vertaal.
Annelie Botha
(author)Annelie Botha (1978) is ’n geordende predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika. Sy is tans die leraar van die NHKA Gemeente Mafeking. Die titel van haar proefskrif was ’n Transformatiewe pastoraat vir die huwelik en kerk in krisis. Sy is lid van die SAAP (Southern African Association for Pastoral Work) en ʼn geakkrediteerde pastorale terapeut. Sy is ook ’n lid van die WPTSA (Werksgemeenskap vir Praktiese Teologie in Suid-Afrika). Epos: abothaster@gmail.com
Wim A. Dreyer
(author)Wim Dreyer is dosent in Historiese Teologie aan die Fakulteit Teologie (Universiteit van Pretoria) en is as Hardenberg Fellow aan die Johannes à Lasco Instituut (Emden, Duitsland) verbonde. Hy het doktorale studies in Praktiese Teologie asook Kerkgeskiedenis en Kerkreg voltooi. Die sentrale tema van sy navorsing is die kerk, wat hy vanuit historiese, sistematiese, missionale en praktiese perspektiewe belig. Hy is die outeur van twee boeke, en die titel van sy jongste werk is Praktiese ekklesiologie: Kerkwees in die 21ste eeu. Hy het reeds meer as 30 wetenskaplike artikels gepubliseer. Wim Dreyer is in 1983 as predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) gelegitimeer. Van1983 tot 2005 dien hy in verskeie Hervormde gemeentes (Magaliesmoot, Vliegepoort,Balfour en Horison). Van 1996 tot 2001 is hy redakteur van Die Hervormer, amptelike mondstuk van die NHKA, en van 2005 tot 2010 is hy as sekretaris verantwoordelik vir sendingwerk en ekumeniese skakeling van die NHKA. Hy is sedert 2010 as kerklike dosent aan die Universiteit van Pretoria verbonde. Sedert 2001 dien hy op die Moderatuur van die NHKA, onder andere as voorsitter. Willem Akkerhuys Dreyer is in 1958 in Pretoria gebore. Sy vader is die bekende filosoof en teoloog Prof. P.S. (Piet) Dreyer. Wimen Gerda is in 1980 getroud en hulle het vier seuns. Twee van die seuns is ook predikante in die Hervormde Kerk. Epos: wim.dreyer@up.ac.za
Gabriël M.J. (Gafie) van Wyk
(author)Gafie van Wyk (1958) is deeltyds predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk in Kaapstad. Hy is ’n navorsingsgenoot in die Departement Kerkgeskiedenis en Kerkreg in die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria. Na studie aan die Randse Afrikaanse Universiteit (tans die Universiteit van Johannesburg), die Universiteit van Port Elizabeth (tans the Nelson Mandela University) en die Universiteit van Pretoria in antieke tale, filosofie en teologie, promoveer hy in 1994 in filosofie aan die Randse Afrikaanse Universiteit met ’n proefskrif getiteld Metaphéroo: Die metaforologie van Hans Blumenberg. Sy navorsing fokus tans op die teologie geskiedenis van die 20ste eeu in Europa. Ander onderwerpe waaroor Van Wyk al gepubliseer het, sluit in die Fabels van Esopus (wat hy saam met Piet Boshoff uit Grieks in Afrikaans vertaal het), moderniteit, postmoderniteit en eietydse kultuurkritiek. Hy het ’n voorliefde daarvoor om oor tradisionele vakgrense heen navorsing te doen, maar dan met waardering vir die spesialisasie van die onderskeie vakwetenskappe. Epos: gafievw@mweb.co.za
Tanya van Wyk
(author)Tanya van Wyk (1981) is ’n senior lektor in Sistematiese Teologie in die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria. Die titel van haar proefskrif was Kerk as heterotopiese ruimte: ’n Trinitaries-ekklesiologiese model vir die derde millennium. Haar navorsing fokus op Politieke Teologie en behels ondermeer ’n ondersoek na die verhouding tussen eenheid en verskeidenheid, inklusiwiteit en eksklusiwiteit asook die wyse waarop ‘dialoog’ plaasvind. Die navorsing fokus op die ontwikkeling van ’n politieke teologie wat in staat is om krities en met integriteit te reageer op die konteks waarin dit beoefen word. Binne die leerplan van die Fakulteit doseer sy aspekte van die klassieke loci van Sistematiese Teologie, naamlik die Triniteitsleer, ekklesiologie, eskatologie sowel asteologiese antropologie. Sy is ’n lid van die Tshwane Chapter van die Circle for Concerned African Women Theologians. Van Wyk is ’n geordende predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk en is ’n lid van die Hervormde Kerk se Nederlands sprekende gemeente in Parktown, Johannesburg. Epos: tanya.vanwyk@up.ac.za
